Oberammergau 2020

Daar is meer belangstelling in ons beoogde Oberammergau-toer as wat ons vermoed het!  Waarskynlik omdat die geleentheid net elke tien jaar plaasvind en omdat dit op baie mense se voor-ek-emmerskop-lysie is.

As daar nog belangstellendes is, moet hulle asseblief dadelik vir Anton (0834588712) kontak.  Ons onderhandel met Stargate om te kyk of ons nie ‘n bietjie meer plekke kan kry nie.  Dit lyk of ons dit kan regkry om 28 te kan wees.  Hoewel die toer eers oor twee jaar is, lyk dit of kaartjies vir die opvoering opgeraap word.

Die toer se datum is 8-18 Julie 2020 en die koste is naastenby R47 000 per persoon. Eerskomende Maandag onderhandel ons met Stargate sodat ons presies weet wat die deposito-reëllings is – wanneer, hoeveel, wat van kansellasies, ensovoorts.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Onderlinge sorg. Bookmark the permalink.