Neem gerus jou 2018-kalender!

Die 2018-Stellastraatkalender is beskikbaar.  Daar is in die voorportaal sowel as in die binnehof ‘n hele klomp.  Neem gerus vir jou huis een.  (In noodgevalle twee!).  Ons het vanjaar ‘n bietjie kleiner oplaag laat druk om koste te bespaar – sonder om gehalte in te boet!

Al die foto’s wat in die kalender gebruik is, is deur Neels en Louise Jackson geneem.  Ons sê vir hulle baie dankie vir die gebruik daarvan.  Ons het probeer om die foto’s in seisoen te plaas, asook in lyn met dit wat elke maand in die gemeente gebeur.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.