Nagmaal en gemeente-ete

Vandag vier Stellastraat nagmaal tydens al die eredienste wat in die kerkgebou gehou word. Elkeen wat saam aan die genadige goedheid van God vashou, is welkom om met vrymoedigheid deel te neem aan die “ete van die Here”. En 12:00 is daar ‘n gemeente-ete in die lushof. Die gebruik is dat die vure gemaak is, die pap en sous voorsien word, en dat elkeen sy mandjie met eetgerei en slaai saambring. Ons pak die slaai en brood uit en deel weer so aan mekaar se gawes!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.