‘n Manneaand saam met Tim du Plessis

Die politieke landskap in Suid-Afrika is aan’t verander. Die groep mense wat altyd ‘n deurslaggewende rol gespeel het in alles wat besluit eis en gebeur het, was wit afrikaanse mans.

Transformasie sê dit is hulle wat nou laaste in die ry moet staan as daar werk of geleenthede uitgedeel word.  Dit is nie straf nie, maar dit is om regverdig te wees teenoor ander groepe wat altyd te lig geag is om verantwoordelikhede of voorregte te kry.

Tydens ons Manneaand van 16 Augustus is dit die onderwerp. Ons tradisie is dat ons pa’s en seuns vra om saam te kom die aand. Die koste is R100 per persoon wat ‘n lekker steak-ete en poeding insluit. Bring net jou eie drinkgoed saam. Kaartjies by die kerkkantoor beskikbaar.

 

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.