Mylpale vir die Gr 1’s en Gr 8’s

‘n Mylpaal herinner jou waar jy vandaan kom en waarheen jy oppad is.  So het ons die gebruik om in Stellastraat mylpale te gebruik om gesinne te help nadink oor hulle geloofsreis.  Volgende Sondag, 26 Januarie, is dit die Gr 1’s en Gr 8’s se beurt.  Tydens die tweede diens wil ons ‘n spesiale geskenk aan die Gr 1’s gee en tydens die aanddiens ontvang die Gr 8’s hulle geskenke.  Hierdie geskenke herinner die Gr 1’s “Leer van Jesus” en die Gr 8’s “Volg Jesus”.  Ons hoop dat hierdie geleentheid vir ouers en jongmense baie spesiaal sal wees.

Scroll to top