Leeskring bottel- en bordaand 14 November 19:00 – Ons leer Jesus deur Hom te volg

“Die doel van die boek is om jou te help om Jesus beter te leer ken. Onthou egter dat lees net ‘n begin is, want ons leer Jesus eintlik ken deur Hom te volg.” skryf Willem in die inleiding van sy nuwe boek Genooi om te volg. “Jesus was nie nét ‘n mens soos ons nie, maar Hy was nie minder mens as enigeen van ons nie”.

Soos in sy vorige boeke, skryf Willem in kenmerkende verstaanbare taal. En skryf hy oor ‘n praktiese manier waarop ons Jesus se volgelinge kan wees.

Die boek word bekendgestel en bespreek Woensdag 14 November 19:00 in die binnehof. Neels Jackson gaan voor die gehoor met Willem in gesprek oor die boek, en daarna kan enige-een aansluit by die gesprek. Bybelmedia gaan ‘n hele aantal van die boeke daar beskikbaar hê. Daar is ook ‘n Bybelstudie handleiding wat saam met die boek gaan, beskikbaar. Vir die wat die boek nou wil hê, daar is in die kerkkantoor beskikbaar.

Bybelmedia, wat die uitgewers van die boek is, gaan teenwoordig wees en voorsien drinkgoed vir almal wat teenwoordig is. Dit is ‘n bottel-en bordaand, dus bring ons elkeen ‘n eetdingetjie saam.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.