Leeskring 14 November 2018 “Ervaar die aardse lewe van Jesus”

Daar is so baie mense wat daarna vra. Hoe was die aardse lewe van Jesus? Is dit moontlik om sy lewe na te doen? As jy daaroor gewonder het, dan moet jy dié interessante boekbespreking nie misloop nie!

Willem Nicol se nuwe boek Genooi om te volg. Ervaar die lewe van die aardse Jesus, word aanstaande Woensdag, 14 November 2018, in die gemeente vrygestel. Tydens die vrystelling sal Neels Jackson in gesprek met Willem gaan oor die inhoud van die boek. Bybelmedia gaan die drinkgoed voorsien, maar andersins bring elkeen van ons sy bordjie eetgoed. Die boek sal vanaf Woensdag, 7 November 2018 by die kerkkantoor beskikbaar wees.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.