Kom deel gerus in Stellastraat se Adoramusdiens

 

Waar ons aanddienste in die kerk nie deur die vakansie aanhou nie, herinner ons julle aan ons Adoramusdiens wat wel deur die vakansie voortgaan.

Die doel van die diens is dat die bywoners self, eerstehands ervaar wat die HERE vir hulle deur ’n Skrifgedeelte wil sê.  Die Skrifgedeeltes word uit die internasionale leesrooster, die Revised Common Lectionary, gekies.

Musiek, gepaste liedere, poësie, 10 minute stilte en ’n eenvoudige Nagmaal elke maand help ons om die Skrifgedeelte en die tema van die aand te ervaar.  Dikwels is daar ’n kort toeligting op die Skrifgedeelte, maar daar is nie ’n preek nie.

Die diens vind elke Sondagaand van die jaar plaas met slegs twee uitsonderings:  Wanneer ons gemeente Kerssangdiens hou en wanneer Oukersaand op ’n Sondag val.  Tyd: 17:50 vir 18:00.  Plek: Ons gemeente se kapel.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Erediens. Bookmark the permalink.