Kersfees 2018 is op hande!

Dis tyd om uit volle bors aan te kondig dat die Kersseisoen op hande is! En dit is presies wat ons vanaand tydens Stellastraat se jaarslikse kerssangdiens gaan doen.
Maricus en Marina neem die leiding in ‘n pragtig beplande program waarin ons almal saam gaan sing aan die ou bekende kersliedere, ‘n paar nuwes, en gaan luister na die allermooiste begeleiding.

Die musikante gaan reeds 18:40 begin met musiekmaak. Die diens begin 19:00, maar probeer asseblief vroeg kom, en skuif sommer van die begin af na die middel van die banke sodat almal ‘n plek kan kry. Ons het ‘n bestelling ingesit vir soel weer.

Al die kindertjies wat wil deelneem, al het hulle nie geoefen nie, is welkom. Die dogtertjies moet soos engeltjies aantrek en die seuntjies soos herders. Na die diens is daar ligte verversings in die binnehof.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.