Jonges kry vlerke

Almal van ons kom by nuwe momente in ons lewe. Nadat jy êrens moes stop, begin ‘n nuwe reis. Twee groepe van Stellastraat se kinders kom vandag by ‘n roetemerker aan wat die einde van ‘n era in hulle lewe beteken, en ter self ter tyd die begin van ‘n nuwe fase.

Die graad 7’s voltooi hulle laerskool jeuggroepfase. Hulle roetemerker sê: julle kinderjare loop nou uit, julle moet aanbeweeg na die tienerfase. Stellastraat gee vir elkeen van die kinders ‘n Bybeltjie. In die lewensfase wat hulle nou ingaan moet hulle die Bybeltjies gebruik en vra na die manier waarop hulle moet lewe.

In die 18:00 erediens is dit die graad 11’s wat hulleself op ‘n seremoniële manier verbind aan God en die kerk. Dis ‘n pragtige geleentheid waar ouers en grootouers en ‘buddies’ teenwoordig is. En hoewel dit ‘n roetemerker met ‘n viering is, is daar ‘n element van onsekerheid by. Hoe verstaan die jongmense die bedoeling van die verbintenis? Is dit maar net iets wat hulle moet deurloop omdat die ouers en die gemeenskap dit in stand hou?

Dis nie wat die kerk hoop nie. Ons hoop dat dié jong mense die volgende generasie is wat die kerk liefhet en sal meedoen om dit waarvoor die kerk staan, uit te bou. Hulle roetemerker vandag, gee vir hulle vlerke. Die gemeente se liefde gaan saam met hulle!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.