Brummnet in volgende Sondag se erediens

Dit gaan nie ‘n gebrom wees nie! Volgende Sondag, tydens die 08:30 erediens in Stellastraat, gaan die Italiaanse koor, Brummnet, onder leiding van Johan van der Sandt, optree.

Die koor is op ‘n kort besoek aan Suid-Afrika en ons is bevoorreg dat hulle ruimte vir ons maak. Johan is ‘n oud-lidmaat van Stellastraat en deesdae ‘n professor in koormusiek in Italië.

Na die diens gaan ons, ons gaste uit Italië ‘n bietjie trakteer op tradisionele koeksisters en melktert. Indien jy ‘n pakkie koeksisters of ‘n melktert kan bring vir tee na volgende week se erediens, laat weet net vir Anton asseblief.

Scroll to top