Jesus en die vuur en die wind

Die ontstaan van die Christelike kerk kan terug gevoer word na die klompie dae na die     kruisiging en opstanding van Jesus.

Dit was veertig tot vyftig dae na die Pase toe twee unieke gebeure die lewe van sy volgelinge radikaal verander het.  Die eerste gebeurtenis was die weggaan van Jesus.  Die hemelvaart.  Die volgelinge moes weet, Jesus is nie permanent weg nie.  En toe, tien dae daarna, toe beleef hulle ‘n stormwind en vuur, asof God in ‘n ander vorm terugkeer na hulle toe.

Die keer was God in hulle.  Vuur en wind was ou simbole van God se teenwoordigheid.  Asof God nóú in hulle lewens ingekom het, en hulle omdraai om anders te dink en te wees.  Die wind en vuur-gebeure het die dissipels radikaal verander.

Net na die lááááng-langnaweek is dit die Hemelvaartdiens (Donderdag 10 Mei) waartydens ons dink aan Jesus wat weg is, maar ook nie weg nie.  En dan sit ons die jaarlikse tradisie voort met ‘n kort Pinksterreeks wat sy hoogtepunt het op Pinkstersondag 20 Mei.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Erediens. Bookmark the permalink.