Stellastraat se biblioteek

SAM_0499Ons biblioteek beskik oor ‘n wye verskeidenheid boeke, DVD’s en CD’s (oa Luisterboeke en Bybel in-ons-Lewe opnames) vir oud en jonk.  Lidmate is Sondae na afloop van al drie eredienste en tydens kantoorure welkom.

Die boeke en DVD’s is  in verskillende afdelings volgens inhoud ingedeel.

IMG_0597Na elke erediens is daar ‘n persoon aan diens wat met die uitsoek en uitneem sal help. Voltooi die uitneemkaartjie en plaas dit in die houer gemerk Kaartjies. Met die terugbring word die item in die Boeke terug mandjie geplaas. Boeke mag vir twee maande uitgeneem word en die res vir twee weke.

Neem gerus Tydskrifte uit die mandjies. (Ons is afhanklik van skenkings vir hierdie projek – bring asb tydskrifte wat nog in ‘n goeie toestand is, biblioteek toe as jy dit klaar gelees het.)

SAM_0500Nuwe boeke is ook volgens die afdelings ingedeel en in die Nuwe boeke afdeling by die ingang beskikbaar.

Die volgende DVD-afdelings is beskikbaar:

  • Bybelstudie
  • Flieks
  • Leefstylverryking
  • Bybel-in-ons-Lewe opnames
  • Bybelverhale
  • Kinderverhale
  • Luisterboeke en CD’s vir kinders

Boeke-afdelings in die Stellastraat Biblioteek
A:    Bybelagtergond                 Et:   Gebed vir Tieners                  Ja:  Bybelromans
B:    Kerk en Kerkgeskiedenis F:    Geestelike groei                      Jb:  Biografieë
C:    Nie-Christelike Kerke      G:    Aktuele sake                           Ka:  Kinderfiksie
Da:  Bybelstudie                       Gk:  Aktuele sake vir kinders       Kb:  Jeugfiksie
Db:  Bybels en Kommentaarreekse H:    Huwelik                          Kc:  Volwasse fiksie
Dk:  Bybelstudie vir Kinders            Ha:   Ouerskap                     L:   Gedigte en Gedagtes
Dt:   Bybelstudie vir Tieners              Hb:  Tienersake                  M:   Ekologie
E:    Gebed                               I:     Ouderdom                Ek:  Gebed vir Kinders
Id:   Bybelstudie vir oueres

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF