Herinneringsdiens – Uit die oog, maar nie uit die hart

Vandag dink ons aan geliefdes wat ons die afgelope tyd aan die dood moes afstaan. Die dood van ‘n familielid of vriend is ‘n onvervangbare verlies. Mense laat ‘n ewige indruk op mekaar. Of dit ‘n genetiese stempel is, en of dit die persoon se menswees is wat ons help vorm het, of ons hele lewe lank ons gedra het, geen mens is dieselfde nie. Elkeen van ons trap ‘n unieke spoor.

Mag die lig wat ons vir elkeen van ons geliefdes aansteek, inderdaad ‘n lig van liefde en dankbaarheid wees. En mag die Lig wat in ons gebrokenheid ingekom het om aan ons hoop te gee, in elkeen van ons se harte brand.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.