Herinneringsdiens – Ons gedenk ons geliefdes

Aanstaande Sondag is dit Stellastraat se jaarlikse herinneringsdiens. Omdat ons nie meer die tradisie het om tydens ‘n einde-van-die-jaarmiddernagdiens die name te lees van die persone wat die afgelope jaar oorlede is nie, het ons die herinneringsdiens as geleentheid geskep.

Elkeen wat wil kan tydens dié erediens ‘n kers opsteek vir ‘n geliefde wat jou/julle vanjaar ontval het. In die diens dink ons ook na oor hulle nalatenskap en die betekenis wat hulle in ons lewens ingebring het.

Indien jy ‘n kers vir iemand wil opsteek, kontak asseblief so gou as moontlik vir Hannalie by die kerkkantoor (012 460 8570). Ons probeer om van die kantoor se kant af almal te kontak waarvan ons weet, maar foutmaak is moontlik.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.