Herinneringsdiens

Ons onthou ons geliefdes

Aan die einde van die jaar dink ons altyd terug aan wat dié tyd opgelewer het.  Elke jaar het sy mooi oomblikke, maar vir baie gesinne is dit ook ‘n tyd van groot verlies.

Heelwat gesinne het vanjaar geliefdes aan die dood afgestaan.  Soms was dit iemand wat reeds gevorderd was in jare, ander gesinne moes die trauma ervaar van jong kinders wat skielik oorlede is.

Hulle wat ons moes afstaan, is nooit uit ons gedagtes uit nie.  Om die waarheid te sê, hulle het so ‘n spesiale plek, dat ons hulle nooit wíl vergeet nie!

Op Sondag 4 Desember, tydens die 08:30 erediens gaan ons vir elkeen van ons dierbares wat in die jaar oorlede is, ‘n kers op steek.  Familie en/of vriende word genooi om aan die plegtigheid deel te neem.  Die lys is in die binnehof.  Skryf jou naam op, maar dit sal goed wees as jy met Sonja (012 460 8570) kan bevestig dat jy by die geleentheid teenwoordig sal wees om ‘n kers op te steek.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Onderlinge sorg. Bookmark the permalink.