Gemeentefees 2018 – O Boereplaas …. olie daai pot!

Die jaarlikse Gemeentefees van Stellastraat vind vanjaar op Sondag 3 Junie plaas.  Dis nou die dag waarop ons die potte laat prut onder die oliënhoutbome in Stellastraat.  Wanneer ons kleurvol en met ‘n vrolike gees ons gemeente se bestaan vier en geniet.

Die tema van vanjaar se fees is O Boereplaas …  Dit beteken dat elkeen wat wil moet probeer om dié tema uit te beeld, hetsy in jou klere of op julle tafel.  Daar gaan weer pryse wees vir die oorspronklikste uitbeeldings.

Vanaf aanstaande Sondag, 13 Mei, is die lyste in die binnehof.  Onthou dat ons omtrent 50 potmakers gaan nodig hê.  En broodbakkers.  En nageregmakers.  En natuurlik vriende wat hulle vriende nooi en daardie dag aan hulle gemeente afstaan!

‘n Volledige inligtingstuk gaan in die week beskikbaar word op die www.stellastraat.co.za webblad.  Ons herinner dat ons op die dag net een oggenddiens sal hê, en die begin 10:00.  Daar is nie op dié dag jeuggroepe nie en ons wil graag dat klein en groot die dag saam sal geniet.

Vanjaar se etekaartjie gaan in die vorm van ‘n genommerde armbandjie wees.  Ons gaan ‘n gelukkige trekking hou en drie persone gaan verrassende pryse wen op die manier!  Die etekaartjies is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders.  Die potmakers, wat ook die bykosse verskaf, hoef nie vir hulle en hulle gesinne kaartjies te koop nie, maar hulle moet ook armbandjies kry.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Onderlinge sorg. Bookmark the permalink.