Gemeenskapserediens 19 November 2017 – Stellastraat maak sy hart oop

Aanstaande Sondag maak Stellastraat nie net sy hart oop vir mense nie, maar nooi hulle doelbewus binne.

Ons wil graag dat enige-een van ons lidmate hulle bure, kollegas, werkers en vriende sal nooi om saam met ons in ‘n gemeenskapserediens te wees.  A community Service.  Ons het ook ds Popps Matshepo en die VGK Mamelodi Oos-gemeente genooi om ons erediens by te woon en saam met ons tee te drink na die erediens.  Ds Matshepo gaan ook saam met Anton ‘n deel van die erediens behartig.  Ongelukkig kan net ‘n paar lede van die Mamelodi Oos se kerkraad hier wees. 

En natuurlik wil ons nie afbreek maak aan ons gebruik om te fokus op die waardering wat werkers en werkgewers teenoor mekaar behoort te hê nie.

Waarom die gemeenskapserediens?  Die eerste is om opnuut te verklaar dat ons deel wil wees en konkreet wil help om harmonie te vestig in die land waarvoor ons so lief is.  Ons het gespreksgenote, ons eie NG Kerk-familie se mense, nodig om saam te besin oor die toekoms en hoe ons almal kan help om die land gelukkig en voorspoedig vir ons kinders te maak.

Ons doen ‘n beroep op al Stellastraat se lidmate om moeite te maak om volgende week se erediens by te woon.  Ons reik binne ons kerkgebou uit na mense met wie ons elke dag saamleef.  Dit is die regte ding om te doen.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Erediens. Bookmark the permalink.