Fotos

Esté Gross en Hancke Fourie
Esté Gross, omroeper, nuusleser en rubriekskrywer vir Media24, het Woensdagaand vir ons ‘n heerlike kersprogram aangebied in die binnehof. Op die foto saam met haar is Hancke Fourie.

Senior Lidmate Spitbraai van 24 Oktober 2019

Donderdag was dit die jaarlikse spitbraai kuier vir Stellastraat se senior lidmate, en was dit nie ’n fees nie. Trevor Nasser het nostalgiese musiek gemaak, die braaispan (Saal, Tienie, Werner en Johan) kan tevrede met hulleself wees, die bykosse uit...

Mamelodi-Oos kleuterskool kry nuwe rakkies

Die gemeente het die rakkies by Mamelodi-Oos se kleuterskool befonds. Elke kind het nou ‘n plekkie om hulle skooltas en kombers te bêre.

Stellastraat se jonges verdryf die winter op meer as een manier!

Die sop, sjerrie en kaalwoorde vir Stellastraat se jongmense was toe sommer baie lekker. En natuurlik was daar ‘n oog of twee wat ouer was! Ané Kotzé (Kaalwoorde) het van haar gedigte voorgelees terwyl Seugnet Rossouw van Origins vertel het van die...

James is 30 jaar deel van Stellastraat!

Dr James Kirkpatrick is op 22 Mei 2019, 30 jaar deel van Stellastraat. Baie geluk James, ons waardeer jou ongelooflik baie!

Stellastraat kry 'n nuwe orreltjie in die binnehof!

Kom kyk gerus na Stellastraat se nuwe orreltjie in die binnehof wat meer konserte beloof.

Dankie Bottomless Coffee band!

Bottomless Coffee Band het die Stellastraters heerlik vermaak op Donderdagaand 16 Mei!

Stellastraat praat verkiesing saam met Liezel en Ryk op 25 April

Stellastraat het op 25 April politiek gepraat voor die verkiesing van 2019. Liezel de Lange van Rapport en Ryk van Niekerk van Moneyweb was die sprekers.

Scroll to top