ons eredienste

Die erediens is die hartklop van ons gemeentelewe.  Dit is die geleentheid waar alles wat ons is, feitlik gelyktydig gebeur: ons vier ons verlossing, ons bevestig ons verhoudings met mekaar, ons verklaar ons afhanklikheid van God, ons verklaar ook ons mindere posisie teenoor God.

Die dienste lyk soos volg:

  • 08:30  Eerste oggenddiens: ’n Erediens wat meesal die liturgiese vorm en  klassieke karakter handhaaf wat vir lank in die NG Kerk die bekende vorm was.  Die teikengroep is volwassenes.
  • 10:00  Tweede oggenddiens: Hierdie geleentheid word so aangebied dat gesinne met laerskoolkinders tuis sal wees.  Indien die liturg veral laerskoolkinders se aandag kan behou, glo ons dat ‘n groot deel van ons gesinne daarby kan baat.  Die junior jeuggroepe vir Gr 1 tot Gr 7 is dan ook direk na dié erediens.
  • 10:00  Kleuterkerk: Hierdie diens het meer in die oog as om klein kinders op te pas sodat hulle ouers rustig die erediens kan bywoon.  Die kleuters 3 jaar tot graad 0, word in die kleuterkerk op ’n eenvoudige manier aan die evangelie en al die elemente van die erediens blootgestel.
  • 15:00  Sotho & Zoeloe diens: Die Stellastraat Faith Community is ‘n gemeenskap van gelowiges wat Sondagmiddae in die kapel bymekaarkom om te aanbid.
  • 18:00  Aanddiens: As die gemeente moet bevestig dat hy nie bang is om verskeidenheid te omhels nie, dan vind dit in die aanddiens plaas. Die inhoud van die diens en die musiek is van so ‘n aard dat die tienergenerasie kan deelneem.  Die senior jeuggroepe vir Gr 8 tot Gr 10, asook die verbintenisgroep (Gr 11) is dan ook direk na die aanddiens.
  • 18:00  Adoramusdiens in die kapel: In die Christelike kerk is daar ook ‘n behoefte vir geleenthede wat ruimte bied vir Skrifmeditasie, stilte, verwondering en musiek.  Die Adoramusdiens word in die kapel aangebied.

Gedurende die skoolkwartale word al die dienste aangebied, terwyl daar in vakansietye een oggenddiens en een aanddiens gehou word.  Kyk onder die opskrif “Eredienste hierdie week” (regs bo) vir inligting oor volgende Sondag se erediens.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF

Praat jou Praat

Jou email adres sal nie gepubliseer word nie. * dui verpligte inligting aan.

*

Enige van die volgende HTML kodes kan gebruik word: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>