Ds Fay van Eeden word aanstaande Sondag bevestig

Aanstaande Sondag, 3 Februarie tydens die 09:00 erediens, word ds Fay van Eeden as vierde voltydse predikant van Stellastraat bevestig.

Ds Van Eeden sal haar intreepreek na die bevestiging lewer. Na die diens is daar ‘n verwelkomingsgeselligheid in die binnehof waartydens die gemeente haar en haar eggenoot Peet persoonlik kan ontmoet.

Daar sal geen Jeuggroepe volgende week na die oggenddiens wees nie. Onthou daar is net een oggenddiens aanstaande Sondag en die begin 09:00! Daar gaan wel Jeuggroepe na die 18:00 erediens wees.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.