Donderdag 25 Oktober 2018 om 11:00 – Spitbraai met ‘n Franse geur!

Die lekkerste kuier van die hele jaar! So reken baie van ons oor die jaarlikse spitbraai vir senior lidmate. En ons gaan ons beste doen om te sorg dat dit vanjaar weer so sal wees!

En vanjaar kry die kuier ‘n Franse geur en kleur! Maricus en Natasha C gaan ons harte sag maak met Franse musiek uit die hart (Musique du Coeur!). ‘n Week hart het nie baie weerstand nie. Die finale oorrompeling gaan kom deur sagte skaapvleis en die doodskoot deur middel van pampoenkoekies en romerige roomys. Vir die wat die ondraagliklikheid nie meer kan hanteer nie, sal daar koue witwyn wees. Jy sê jy wil nie daar wees nie? Jy maak seker ‘n grap.

Al ons senior lidmate en almal wat voel hulle is nou nagenoeg, is welkom om ons jaarlike spitbraaikuier te kom meemaak. Al wat jy moet doen is om jou teenwoordigheid by Hannalie by die kerkkantoor te bevestig en jou plek is bespreek! Donderdag 25 Oktober 11:00!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.