Diensgroep Uitreik: ‘n Oorsig oor Verkondigingsprojekte

As Christene glo ons dat ons voortdurend besig is om die Goeie Nuus te vertel in die manier waarop ons leef en met mense werk.  As gemeente is dit egter ook vir ons belangrik om by formele programme betrokke te wees wat help met die verkondiging van die evangelie.  Ons wil graag meer vertel van hierdie projekte en julle uitnooi om deel te neem! 

  • Bybelverspreiding

Stellastraat ondersteun die Bybelgenootskap, wat in noue samewerking met die NG Kerk die grootste verspreider is van Bybels.  Dit kos R35 om die goedkoopste Bybels te druk, en die Bybelgenootskap vra dan ook dat ons elkeen moet probeer om R35 vir hulle te skenk per jaar, sodat jy dit vir iemand moontlik kan maak om ’n Bybel te kry.   Ons koop ook gereeld Bybels in Afrika-tale aan vir mense by die Stellastraat Faith Community wat nie Bybels het nie. 

As jy wil help:  Jy kan ’n bydrae maak tot ons Bybelgenootskapfonds deur ’n koevert te merk en saam met die dankoffers in te gooi. 

  • Thai Sending

Pastoor Ben en sy vrou Ong lei nou al vir ’n hele klompie jare ’n klein gemeente in Bangkok, Thailand.  In die oorwegend Boedhistiese Thailand is Christene ’n klein minderheid wat geweldige druk ervaar van die gemeenskap.  Behalwe vir die godsdienstige onverdraagsaamheid het Thailand verlede jaar onder swaar vloede deurgeloop, wat ’n groot impak op die mense se lewenskwaliteit gehad het.

 As jy wil help:  Pastoor Ben stuur ’n weeklikse nuusbrief met gebedsversoeke waarop jy kan inteken en kan bid vir die belangrike werk.  Vir meer inligting kan jy Wilma Griesel kontak (wilmag@lantic.net), sy is ons gemeente se skakelpersoon met pastoor Ben en Ong.  Finansiële bydraes kan ook gemaak word, want die gemeente trek maar swaar.  Merk bydraes as ‘Thai Sending’. 

  • Opleiding van predikante

Die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by Tukkies help om mense op te lei wat kan help in die uitbouing van die koninkryk.  Die kursusse wat aangebied word help leraars en geestelike leiers in hulle bedieninge.  Ons by Stellastraat ondersteun al vir ’n klompie jare die Sentrum deur ’n bydrae te maak tot studente se klasgeld.

 As jy wil help:  Jy kan help deur ’n student se kursusse te subsidieer, of ’n finansiële bydrae maak tot die Sentrum.  Ons probeer om ten minste een keer ’n jaar ’n kerkdiens in Soweto by te woon van een van die studente wat ons al gehelp het, Philip Dungulu.  As jy wil betrokke raak by die Sentrum, gesels gerus met Neels Campher (NeelsCampher@law.co.za), hy is ons gemeente se skakelpersoon met die Sentrum.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Uitreik. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>