Category Archives: Toerusting

Oor die jeuggroepe hierdie kwartaal – ons is op spoor!

In die gemeente verwys ons dikwels na die geloofsvorming van jongmense as deel van ons “Spoorlynbediening”.  Dit het niks met Spoornet of Transnet te make nie!
Spoorlynbediening verwys na die twee spore waarop jongmense se geloof gevorm word, naamlik die invloed van die familie en die invloed van die gemeente.  Jeuggroepe is deel van die “dwarslêers” [...]

Posted in Jeuggroepe, Toerusting | Leave a comment

Bybel-in-ons-lewe : Ons kuier by die Kleinprofete

Die program van die volgende paar maande se Bybel-in-ons-lewe byeenkomste lyk soos ’n ou kam met baie uit tande.  Die ritme van elke Sondagaand met ’n herhaling die Woensdagoggend word telkens deur vakansiedae of ander kerkbyeenkomste (soos Pinkster) onderbreek.
Jou kerkkalender behoort jou te help om te onthou wanneer daar Bybel-in-ons-lewe is.  Ons begin op Sondagaand 22 April (herhaling [...]

Posted in Bybel in ons lewe, Toerusting | Leave a comment

Dié Tutu-boek gaan ons laat dink

Die boek van Desmond Tutu, God is not a Christian, is voorwaar ‘n trefferboek.  So sê almal wat reeds die boek begin lees het met die oog op ons bespreking van 28 Maart.
Omdat die boek saamgestel is uit preke, praatjies en dokumente wat die Aartsbiskop oor ‘n tydperk die lig laat sien het, lees dit maklik [...]

Posted in Leeskring, Toerusting | Leave a comment

Hoekom is ek soos ek is?

“Hoekom is ek soos ek is?  Hoekom reageer ek soms so simpel?  Ek is partykeer so vies vir myself.  Ek wil nie so wees nie, maar as ek sien, dan doen ek weer dieselfde ding.”
Miskien moet jy nie so hard op jouself wees nie.  Jy is dalk so “gemaak” toe jy nog nie behoorlik kon [...]

Posted in Toerusting | Leave a comment