Category Archives: Onderlinge sorg

Nuwe NOODNOMMER

Die gemeente se noodnommer (088 303 1600) het verval.  Maar die diens het nie verval nie.  Die nuwe nommer is 083 455 0313.  Wanneer ‘n krisis of noodsituasie ontstaan is jy welkom om die nommer die skakel.

Posted in Onderlinge sorg | Leave a comment

Divas en die dawering van opera!

Die wêreld van divas en prima-donnas.  Flouerige stories gelaai met hartseer, tragedie en korrupsie.  Stemme wat hoog en laag en aanhoudend en meesal in onverstaanbare Italiaans in pragtige konsertsale dawer. 
Dit is wat gewone oningeligte mense van opera weet.  Wat is opera dan dat dit so ‘n gesogte kunsvorm is?  En, as dit dan ‘n hoë [...]

Posted in Onderlinge sorg | Leave a comment

Die wêreld van Opera

Ons eerste byeenkoms van die jaar vir senior lidmate gaan sommer ‘n baie spesiale geleentheid wees.  Die bekende, en nou afgetrede Neels Hansen, kom ‘n aanbieding doen oor die wêreld van opera.
Neels was jare lank die Artistieke Direkteur van die Staatsteater.  Hy was ook saam met Mimi Coertse ‘n stigter van die bekende Black Tie [...]

Posted in Algemeen, Onderlinge sorg | Leave a comment

Wil jy in ‘n omgee-groep wees?

Dalk wik en weeg jy nou al lankal om deel van ‘n omgee-groep te wees.  Maar jy weet nie hoe en waar nie.  Jy weet ook nie mooi wat dit behels nie.  Op Sondag 18 Maart, na beide die oggend-eredienste gaan ontmoet ons almal wat graag deel wil word van ‘n omgee-groep.
Dit is ‘n geleentheid vir [...]

Posted in Onderlinge sorg | Leave a comment