Jesus en die vuur en die wind

Die ontstaan van die Christelike kerk kan terug gevoer word na die klompie dae na die     kruisiging en opstanding van Jesus.
Dit was veertig tot vyftig dae na die Pase toe twee unieke gebeure die lewe van sy volgelinge radikaal verander het.  Die eerste gebeurtenis was die weggaan van Jesus.  Die hemelvaart.  Die volgelinge moes weet, […]

Wat nou  … rabbi Jesus is weg?

Dit moes vir die volgelinge van Jesus ‘n angstige en leë tyd gewees het.  Hulle rabbi, op wie hulle al hulle hoop geplaas het, is weg.  Eers was dit die wrede kruisiging, wat niemand verwag het nie.  Toe is daar die kortstondige verskyning.  En toe is hy weg.  En nou is hulle alleen.
Wat gaan van […]

Paaswydingmusiek – Donderdag 29 Maart 

“Jy sal aangeraak word”
Indien Donderdagaand se Paaswydingmusiekaand nie jou binneste gaan beweeg nie, gaan min goed in die lewe jou raak!
Ons gaan luister na van die pragtigste musiek wat ooit gekomponeer is oor die kruisiging en opstanding van Jesus.  He shall feed his flock van Handel, Ave Verum,  Rejoice o daugter of Zion, Panis Angelicus, […]

Die tradisie van die Palmkruis

Palmsondag het ‘n ou geskiedenis.  Waarskynlik sou mens kon sê dat jy dit so vêr as die geskiedenis van die kinders van Israel in die Sinaï-woestyn kan gaan soek.
Vir die Christelike kerk is die intog van Jesus in Jerusalem, enkele dae voor die kruisiging  die oorspronklike verstaansgebeurtenis.  Volgens die evangelies het die mense palmtakke in […]

Help met die palmkruise

Die laaste Sondag voor Goeie Vrydag is Palmsondag. Vanjaar is dit Sondag 25 Maart.  Op dié dag ontvang elkeen van ons ‘n klein kruisie wat van palmblare gemaak is.  Die idee is dat jy dié kruisie naby jou sal hou in die laaste lydensweek. Elke keer as jy die kruisie sien, dan moet jy dink aan […]

Scroll to top