Senior lidmate Donderdag, 25 Oktober 11:00 – Spitbraai, soetigheid en Franse musiek

Ons jaarlikse spitbraai vir senior lidmate vind volgende Donderdag, 25 Oktober 11:00, hier in ons kerkkompleks plaas. Die wat al hier was, sal weer hier wees, want hulle weet dit is ‘n onmisbare lekker geleentheid!
Die dag word ingevul met heerlike skaapvleis wat deur Tienie, Johan en Saal vertroetel is. Aangevul met pampoenkoekies, aartappelgereg, roomys en […]

Dankfees en hervorming – Menswees is ‘n genadige oomblik

Aanstaande Sondag, 28 Oktober 2018, is dit Hervormingsondag. Ongeveer 80 miljoen aardse bewoners wêreldwyd beskryf hulleself as gereformeerdes. Hulle verstaan dat hulle menswees ‘n genadige oomblik is, dat God in sy wese liefdevol is, en dat hulle lewens dankbaarheid en vreugde moet weerspieël.
En soos altyd, is dit die dag waarop ons in Stellastraat Nagmaal vier […]

Beroepsvergadering 21 November 2018 – Proses vir die volgende leraar is aan die gang

Dit sal Stellastraat se 20e voltydse dominee wees. Stellastraat het as selfstandigde gemeente in 1947 tot stand gekom.  Die gemeente is genoem Suidoos-Pretoria omdat dit toentertyd die mees suidoostelike woongebied in Pretoria was.
Intussen het Pretoria na die ooste ontplof en gebruik ons nou die bekende straatnaam Stellastraat as identiteitsaanduider.
Die gemeente het die afgelope 71 jaar […]

Scroll to top