Baie geluk kollega!

gholfkampioen-2016En toe hou ons daai trofee sommer styf vas!  Stellastraat se 2016 Gholfkampioen is niemand anders dan Tienie nie.  Hy moes die aanslag van 42 ander deelnemers afweer, en het dit met die dunste van nerf reggekry!

Aan die einde van die dag was Tienie, verlede jaar se kampioen Piet Botha, en Karel Minnie gelykop met 40 stableford punte.  Dit is met die uittel-proses wat Tienie aangewys is as vanjaar se wenner.  Baie geluk kollega!

Dankie vir almal wat deelgeneem het en vir ons pryse geborg het – dit was voorwaar ‘n heerlike dag!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.