Aswoensdag 6 Maart – twee goed wat gebeur

Hoewel die tradisie van Aswoensdag nie prominent was in die gereformeerde tradisie nie, is dit nou al ‘n geruime tyd dat Stellastraat ook by dié dag as ‘n geestelike oomblik in die kerklike jaar stilhou.

Aswoensdag lei die sewe weke in waarin die kerk nadink oor die lyding van Jesus as mens. Vanaf Aswoensdag is dit 40 dae tot en met Goeie Vrydag, wanneer die kruisdood van Jesus herdenk word.

Twee goed gebeur op Aswoensdag. Die eerste is dat gelowiges ‘n kruisie ontvang as ‘n teken van hulle meelewing in die volgende 40 dae. Gelowiges kry in die diens kans om na te dink oor hulle eie lewe. Introspeksie te doen. Om in hulleself tot bevestiging te kom waarom die kruis in hulle lewe nodig is.

Die tweede is dat gelowiges op die dag besluit of hulle aan die wêreldwye veertig dae-vas wil meedoen. Baie christene besluit om in die veertig dae hulleself van iets te weerhou sodat hulle dikwels herinner kan word aan die kruis en die liefde van God. Die weerhouding kan enige-iets wees, sekere kosse, die lees van koerante, TV-kyk – enige iets wat jy bereid is om prys te gee en wat jou gaan help om aan Jesus se lyding te dink.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.