Albert Troskie speel tydens Nagmaal

Aanstaande Sondag is dit Nagmaal-sondag in Stellastraat. En nie sommer ‘n gewone Nagmaal nie. Prof Albert Troskie, allerweë gereken as die voorste orrelkenner in Suid-Afrika, gaan die musiek-begeleiding doen vir die 08:30 sowel as die 10:00 erediens.

Tydens die eredienste gaan ons hom ook geleentheid gee om te praat oor kerkmusiek en musikale begeleiding. Albert is een van die vermaardste musikante en gewaardeerde persoonlikhede in Suid-Afrika. Om na hom te luister is verrykend!

 Ons eet weer saam

Onthou dat ons elke Nagmaal-sondag saam braai en eet in die lushof.  Kom kuier dan gerus ‘n slag saam aanstaande Sondag 12:00.  Die vure is aan, bring jou mandjie met ‘n vleisie, iets wat jy tot die gemeenskapstafel kan bydrae en drinkdingetjie, en kom kuier!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
This entry was posted in Erediens, Onderlinge sorg. Bookmark the permalink.