Aktiwiteite

Marita Roos - Digby U stil oggende
Die datums vir die volgende twee Digby U stil oggende by die kerk is op Vrydag 12 April en Saterdag 18 Mei. Tyd: 09:15-12:15 Koste: Gratis of donasie in dankofferkis in die Kapel. Kontak Marita Roos by 082 878 0144 of marita.roos@netactive.co.za indien jy wil bespreek.

Piekniek vir ouers van voorskoolse kinders

Dalk het jy ‘n voorskoolse kindjie of twee en wil jy graag deel wees van ‘n gespreksgroep oor dié kinders se ontwikkeling en veral hulle geestelike ontwikkeling.

Kardoesmark by Machteld Postmus

Die bejaardes van Machteld Postmus Kompleks hou weer ‘n KARDOESMARK, Saterdag 1 Junie 2019 van 08:00 - 13:00.

Kursus OOP VIR DIE OOMBLIK

Dié kursus word vanjaar vir die vierde keer aangebied. Dit handel oor teenwoordig-wees in die oomblik. Vanjaar word dit in korter formaat aangebied met 6 weeklikse byeenkomste en met die klem op die praktiese inoefening in teenwoordigheid.

Waterkloof gemeente bied 'n gesprek aan

Waterkloof gemeente bied ’n gesprek aan in die saal op Donderdag 11 April 2019 om 18:30 o.l.v. dr. Antonie Gildenhuys: Tema: Grondhervorming en die onteiening van grond: beplande nuwe wetgewing. Persone wat dit wil bywoon moet asb. ’n bordjie eetgoed en drinkgoed saambring.

Gee-jou-gawe-Omgeegroep

Die GJG-Omgeegroep kom Woensdag, 10 April 2019 om 09:30 in die biblioteek bymekaar. Pragtige handgemaakte kaartjies is Sondae tydens teedrink in die binnehof te koop.

Aandag alle onder - 40's!

Merk hierdie datums op jou kalender ... jy wil dit nie mis nie!

Is jy swanger? Of die trotse ouers van ‘n baba, peuter of kleuter?

Ons wil graag vanaf Aprilmaand begin met ‘n omgeegroep vir mammas, pappas en hulle kleintjies. Die dag, tyd en frekwensie van die byeenkomste sal deur die groep self bepaal word. Kontak gerus vir Fay 083 478 0854 of die kerkkantoor indien jy/julle sou belangstel.

Scroll to top