Stellastraat is ‘n gemeente van die NG Kerk wat geleë is op die grens van Waterkloof en Brooklyn in die ou ooste van Pretoria. ‘n Groot gedeelte van Menlopark, die buurte Hazelwood, Maroelana, Alphenpark, Newlands en Waterkloofhoogte is ook binne die gemeente se oorspronklike grense.
Stellastraat het 73 jaar gelede ontstaan as die NG Gemeente Suidoos-Pretoria nadat
daar besluit is om ‘n gemeente af te stig van die bekende Ooskerk (neffens Loftus Versfeld).
Stellastraat is in hart en siel ‘n gereformeerde gemeente wat besluit het om haarself te
beskryf met drie woorde: vry, lig en dien.
Hou muis oor segmente vir beskrywing.
Klik vir meer inligting.