Dante se Il Paradiso in Afrikaans 19 September Die siel se reis na die hemele

In Dante Alighieri’s se epiese gedig “Divine Comedy” beland hy in die eerste deel in die hel, in die tweede deel in die vagevuur, en in die derde deel in die hemel. Die hemel word uitgebeeld as ‘n klomp sirkels rondom die aarde. In wese handel die derde deel oor die siel se reis na sy bestemming by God.

Prof Cas Vos, ‘n oud-leraar van Stellastraat, het groot gedeeltes van die derde deel van Dante se gedig uit Italiaans in Afrikaans vertaal. Die titel van die vertaling is: Dante se Il Paradiso – ’n wonderwerk.

Op Woensdag 19 September tydens ons boek-en fliek bespreking gaan Cas kom vertel van die vertaling.

Hennie Maas het ‘n video van die vertaling gemaak en die voorlesing word deur Dawid Minnaar gedoen. Iemand se reaksie op die video is: “Watter pragtige beelde, die Universum in al sy raaiselagtigheid én skoonheid, en dan die voordra van die gedigte.” Dawid Minnaar se voorlesing is ontroerend en briljant. Die visuele beelde is aangrypend.

Dante Alighieri het van 1265 tot 1321 geleef. Hy het die Il Paradiso (die paradys) in ballingskap geskryf. Sy tyd was ‘n tyd van korrupsie, afguns, magsbeheptheid en kwaad doen. Klink dit nie bekend nie?

Dit is die eerste keer dat die epiese gedig in digvorm in Afrikaans beskikbaar is. Die reis na die paradys open verrykende perspektiewe vir hierdie lewe en die na-lewe.

Kom beleef dit saam.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Dante se Il Paradiso in Afrikaans 19 September Die siel se reis na die hemele

Johan Heyns. Waar is die oupa?

Ek het ook ‘n Johan Heyns-stuiwer te gooi. Daar is baie stuiwers oor die enigmatiese mens wat in dié dae 90 jaar oud sou word indien hy nog gelewe het. Wanneer jy met oudstudente of kollegas praat, sal jy inte- ressante staaltjies van Johan Heyns hoor. Hy was ‘n ‘rare’ mens – waar hy was, was niks vervelig nie. ‘n Uitstekende orator. Belese. Ingelig. Unieke humorsin. Orals in aanvraag.

In ‘n era toe die wêreld Suid-Afrika begin prik het oor apartheid as politieke sisteem, het hy as gerespekteerde kerkleier begin sê: ons moet hier uitkom. As lojale Afrikaner het hy begrip getoon dat die wêreld wat Afrikaners besig was om te skep, nie volhoubaar was nie. Daar was baie hoop dat hy met sy charismatiese persoonlikheid, en verbondenheid aan die Afrikanergemeenskap, insig en verandering kon bewerkstellig.
Sy dood – ‘n koelbloedige moord – het sy moontlike rol getermineer. Vir baie was hy die nodige en noodsaaklike stem. Vir ander was hy ‘n verraaier, ‘n gevaarlike stem. Ons gesin het hom op ‘n ander manier leer ken. Kort voor die sluipmoord op hom, het hy een aand op Amersfoort by ons in die pastorie oorgeslaap. Hy was oppad om ‘n ontbytgeleentheid op Volksrust te gaan toespreek. Ek het my lippe afgelek vir die geleentheid om persoonlik met hom te praat. Oor alles wat in die brandpunt was. Maar watwou. Daar in die sitkamer moes ek sit en kyk hoe hy met my kinders speel en praat – hulle was nog klein. Ek was net ‘n toeskouer. Hy wou by hulle elkeen hoor wat hulle eendag gaan word, en hulle aangemoedig want die land het hulle nodig. Hy het elkeen in die oë gekyk en met sy speelsheid hulle volle aandag gehad.
Die volgende oggend is ek en hy vroeg weg na die onbyt. Toe vra Esmarie (nog voor skool) vir Hanna: “Waar is die oupa wat gister hier was, ek wil weer met hom speel?” Hy het ‘n indruk op ons voorskoolse kinders gelaat wat ek nie verwag het nie.
As ek oor hom en sy status in die Afrikanergemeenskap dink, dan wonder ek waar hy vandag sou staan? Die koninkryk van God en geregtigheid was terme wat waarmee hy ernstig op verskillende podiums omgegaan het. Hoe sou hy oor die Afrikaner en Afrikaans se voortbestaan gedink het? En die rol van die NG Kerk in die tyd waarin ons leef? Daar het so baie water in die see geloop sedert hy na vore getree het as wydgerespekteerde en verligte Afrikaner.

-Anton Pienaar

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Johan Heyns. Waar is die oupa?

Dante se Il Paradiso in Afrikaans 19 September Die siel se reis na God

In Dante Alighieri’s se epiese gedig “Divine Comedy” beland hy in die eerste deel in die hel, in die tweede deel in die vagevuur, en in die derde deel in die hemel. Die hemel word uitgebeeld as ‘n klomp sirkels rondom die aarde. In wese handel die derde deel oor die siel se reis na sy bestemming by God.

Prof Cas Vos, ‘n oud-leraar van Stellastraat, het groot gedeeltes van die derde deel van Dante se gedig uit Italiaans in Afrikaans vertaal. Die titel van die vertaling is: Dante se Il Paradiso – ’n wonderwerk. Op Woensdag 19 September tydens ons boek-en fliek bespreking gaan Cas kom vertel van die vertaling.

Hennie Maas het ‘n video van die vertaling gemaak en die voorlesing word deur Dawid Minnaar gedoen. Iemand se reaksie op die video is: “Watter pragtige beelde, die Universum in al sy raaiselagtigheid én skoonheid, en dan die voordra van die gedigte.” Dawid Minnaar se voorlesing is ontroerend en briljant. Die visuele beelde is aangrypend.

Dante Alighieri het van 1265 tot 1321 geleef. Hy het die Il Paradiso (die paradys) in ballingskap geskryf. Sy tyd was ‘n tyd van korrupsie, afguns, magsbeheptheid en kwaad doen. Klink dit nie bekend nie?

Hierdie gedig is die allergrootste gedig wat ooit geskryf is. Dit is die eerste keer dat dit in digvorm in Afrikaans beskikbaar is. Die reis na die paradys open verrykende perspektiewe vir hierdie lewe en die na-lewe. Kom beleef dit saam.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Dante se Il Paradiso in Afrikaans 19 September Die siel se reis na God

Omgewingsondag: “Skoenmaker, hou jou by jou lees!”

Tydens die 4e eeu voor Christus, tydens die regering van Aleksander die Grote, het Apelles, die beroemde skilder geleef. Apelles het graag sy werke voor sy winkel uitgestal en dan naby weggekruip om te hoor wat verbygangers daaroor te sê gehad het.

Op ‘n dag het ‘n skoenmaker kommentaar gelewer en die foute van ‘n sandaal in die skildery aan sy vriend uitgewys.
Apelles het daardie aand die veranderinge aangebring en die skildery weer met trots uitgestal. Toe die skoenmaker egter die volgende oggend die veranderinge opmerk, het hy weer iets te sê gehad oor hoe Apelles die man se been geskilder het! Apelles het dadelik uit sy skuilplek gekom en gesê: “Skoenmaker, hou jou by jou lees!”
Wanneer die kerk oor die omgewing begin praat, is daar altyd mense wat daaroor frons. Is dit die kerk se werk? Moet die kerk hom nie by sy “lees” hou nie? In die NG Kerk is ons oortuig daarvan dat die ekologie en die teologie met mekaar te make het. Dit was nie altyd so nie.

Dit sou dertig jaar gelede in Suid-Afrika eienaardig gewees het as iemand van die kerk die ekologie as teologiese tema op die tafel sit, hoewel dit toe alreeds vir die kerke in Europa vanselfsprekend was. By ons het die diskussie tussen biologie en teologie tot die evolusietema beperk gebly. Gelukkig het ons van hierdie eensydige lees van die Bybel losgekom en verstaan Christene vandag dat hulle verantwoordelik is vir die versorging van God se aarde. Met omgewingsondag prober ons in Stellastraat mekaar sensitief maak en hou vir hierdie aspek van ons geloof. Wanneer ons ons hou by ons lees (Bybel) kan ons nie anders as om dit te sien as deel van die uitleef van ons geloofsoortuiginge nie. Lente is in die lug. Geniet die goeie skepping van God!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Omgewingsondag: “Skoenmaker, hou jou by jou lees!”

Daar word gewoel aan die kapel!

‘n Klompie jare gelede het die kerkraad ‘n kapitale verbeteringsprogram goedgekeur. Daarvolgens sou ons al Stellastraat se geriewe verbeter, soos ons oor die nodige fondse beskik. Die laaste een van die projekte is nou aangepak. Die Kapel.

Die idee is dat die kapel meer soos ‘n regte kapel kan funksioneer. Dit moet meer wees as net nog ‘n lokaal. Enige-een moet daar kan kom sit en ‘n kers aansteek en rus. Ons is nou op daardie pad. Ons vermoed so 6-8 weke, dan is ons in ons ‘nuwe’ kapel!

 

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Daar word gewoel aan die kapel!

Fouche groet Stellastraat na 15 jaar

Vyftien jaar gelede het Fouché de Wet as ‘n jong student in sy laat twintigs en met ‘n graad in ingenieurswese (elektries) by Stellastraat aangekom. Maar hy was nie hier om na die kerk se alewige kragprobleme te kom kyk nie. Daar was ander uitdagings wat op hom gewag het.

Hy het besluit om die lang pad van teologiese studies aan te pak en sou vir die duur daarvan in Stellastraat as jeugwerker help. En het hy ons nie gehelp nie! Hy het onmiddellik die toe reeds bejaarde Anton en James kom help om iets anders van die aanddiens te maak. En hy roem ook daar op dat hy op die pre-adviesliggaam was wat by die Kerkraad aanbeveel het om ou ds Tienie te beroep.

Hy was in Stellastraat om ‘n verskil te maak. Hy kon, want hy het naby aan die jongmense geleef. Hy het nie probeer om hulle te taal te praat nie. Hulle taal was ook sy taal. Met sy altyd kreatiewe invalshoeke op dinge het hy die jongmense laat regop sit en kon hy vele van hulle aan die beweeg kry.

Sy bydrae was nie tot die jeug beperk nie.

Na voltooiing van sy studies is hy beroep as leraar van Stellastraat. Dit was ‘n logiese en voorspelbare besluit van die Kerkraad. Hy het homself letterlik hier met sy entoesiasme ingewerk. Ons wou nie die geleentheid laat verbygaan om verder by sy gawes te baat nie.   Hy het by die Teologiese fakulteit van UP goeie teologie ingekry en kon help om voort te bou op die fondamente wat Pieter Simpson en Tienie Bosman by Uitreik gelê het.

 

Op sy inisiatief het ‘n klomp dinge tot stand gekom wat vandag ‘n integrale deel van Stellastraat se bediening is. 

Intussen het die jong student getrou, kinders gekry en grys geword.

Hy word juis deesdae by die jaarlikse Danville gesinsdag gereeld as “oupa” aangespreek. Maar dit beteken nie dat hy sy kreatiewe waagmoed verloor het nie. Vanaf 1 September pak hy ‘n reuse uitdaging om van ‘n inter-kerklike jeugbeweging (#Imagine) iets te maak wat die kerk en samelewing kan dien.

Ons gaan Fouché mis. Ons verlies is #Imagine se wins.

Die Here sal jou seën en jou behoed;

Die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees!

Die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee

 

 

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Fouche groet Stellastraat na 15 jaar