Hervorming, Nagmaal & spesiale bydraes - 27 Oktober 2019
In dié week gaan elkeen van ons ‘n brief van die kerkraad van Stellastraat ontvang. In die brief word ons gevra om ‘n spesiale bydrae te maak op Hervormingsondag, 27 Oktober. * Kliek op die teks om die volle artikel te lees.

Eredienste

Eredienstye: Sondag 20 Oktober 2019 08:30 Erediens - Kerk - Tienie Bosman 10:00 Erediens - Kerk - Tienie Bosman 18:00 Erediens - Kerk - James Kirkpatrick 18:00 Adoramus - Kapel - Willem Nicol

Die ergste droogte in 100 jaar - Ons buig ons knieë

Mens en dier en plant sukkel om aan die lewe te bly. Die ergste droogte wat Suid-Afrika in 100 jaar beleef het. Of dit nou deel van ‘n droogtesiklus, en of dit die skuld van aardverwarming is, maak nie saak nie – die lyding wat die droogte in groot...

Kuieraand saam met Esté Gross van RSG

Stellastraat gaan ‘n heerlike kuieraand hou saam met Esté Gross van RSG. Tydens ons bottel- en bordaand van 13 November 2019, gaan Esté optree as musikant en spreker. Vir die wat nog nie weet nie, Esté is nie net ‘n gewilde omroeper op RSG...

Dit moet jy weet

Die Algemene Sinode van 2019 is nou verby. Daar is ‘n hele klompie besluite en tendense op die groot kerkvergadering gewees. * Kliek op die teks om die volle artikel te lees.

Stellastraat se senior partytjie! - Donderdag 24 Oktober

Die spyskaart is ontwerp. Die musikante is aan’t oefen. Die yskaste wat alles koel moet hou loop afwagtend. Al wat nou moet gebeur is dat die senior lidmate wat op Donderdag 24 Oktober die jaarlikse spitbraai-dankiesê viering gaan bywoon, moet laat...

Kom sing saam vir Kersfees - 24 November!

Daar is niks so lekker en so mooi soos koormusiek nie! En veral as jy saam met ander musiekliefhebbers kersmusiek kan sing nie. En hier voor die Kersvakansie, is daar weer so ‘n geleentheid. Ons gaan eersdaags begin oefen en ons het jou stem baie...

Reis saam met jongmense

Om ‘n jeuggroepleier te wees, gee jou die geleentheid om saam met jongmense op hulle geloofspad te reis. Ons wil graag hê dat daar vir elke jaargroep (vanaf Gr 1-10) minstens 2 groepleiers sal wees. Dit is deur die jeuggroepe dat jongmense die geleentheid...

Plus1 is vir die onbekende reisiger

Dalk gebeur dit by julle ook so. Na Sondag se lekker maaltyd sien jy daar is nog ‘n hele maaltyd vir iemand op die tafel. Dit is julle gesin plus nog een. Projek Plus 1 vra dat jy daardie bord kos na die kerk sal bring sodat ons vir persone wat met...

Stellastraat Blitsnuus 10 Oktober 2019

Goeiedag, Die ergste droogte in 100 jaar! Dit is vandag wyle Oom Paul se verjaarsdag - mag die ou gesegde waar word, dit is nóú die tyd dat die reën moet kom! Ons dink aan mens en dier in groot dele van ons land wat aan die ergste droogte in...

Biblioteek

Nuwe boeke in die Jb-afdeling: Angus Buchan: God van Wonders – persoonlike getuienisse oor God se wonderwerkende krag in mense se lewens. Marius du Plooy: Hartsgesprekke met…. Nelson Mandela, Jean de Villiers, Brand Pretorius en ander rigtinggewers...

Nuwe lidmate

Baie welkom aan die volgende nuwe lidmate, Miemie Erasmus van Johannes Postmus 202, Mackenziestraat 225. Hendri, Liezel, Ava en Herco van Dyk van 174 Spyglass Hill Close, Sterrewag. Sunja Neuhoff van Bronkhorststraat 62, Groenkloof. Indien...

Ons dink aan...

Lets Strauss van Machteld Postmus wat in die Zuid-Afrikaanse hospitaal opgeneem is. Tertia de Jager van Huis Herfsblaar wat herstel na ‘n skoueroperasie.

Scroll to top