Aandag alle onder – 40’s!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Aandag alle onder – 40’s!

Herfs 2019 is vol lewe – Alles is jou nog nie vertel nie!

Maak vas jou gordel, want die tweede kwartaal gaan bonserig wees! Onthou dat op dié twee Sondae van die kort Maartvakansie, die oggenderedienste 09:00 begin!

Dan is ons net bietjie meer as twee weke aan die gang voordat Pase ons oorval. Twee lui herfs Woensdae, 1 en 8 Mei, volg kort daarna, werkersdag en die verkiesing! En voor ons, ons kom kry het Bottomless Coffee Band ons op 16 Mei opgekikker vir die gemeentefees van 26 Mei. Op 2 Junie gaan ons Danville toe, dieselfde dag waarop Pinkster begin. Hou jou springmielies en dagboek byderhand, alles is jou nog nie vertel nie!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Herfs 2019 is vol lewe – Alles is jou nog nie vertel nie!

Stellastraat se jonges kuier by Huis HJ Piek

Stellastraat se graadsewes het verlede Sondag vir die inwoners van Huis HJ Piek die bederfpakkies geneem wat vir hulle gepak is. Hulle het dit baie waardeer. Vir ten minste party van hulle was dit meer as net maar bederfpakkies, want die tandepaste en ander toiletware wat in die pakkies was, het voorsien in konkrete behoeftes.

Daarbenewens het die graadsewes en die ooms en tannies van Huis HJ Piek baie lekker oor cupcakes en koffie gekuier. Tienie het vir die seniors gesê hierdie kinders gaan volgende jaar hoërskool toe en gevra dat die ooms en tannies vir hulle vertel van hulle hoërskooljare. ? Mens hoef maar net ? bietjie rond te gekyk het om te sien oud en jonk het lekker saam gekuier. Van Huis HJ Piek se inwoners se kant af was daar ? groot boodskap van dankie aan Stellastraat wat hulle op hierdie manier help en met hulle kontak behou.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Stellastraat se jonges kuier by Huis HJ Piek

Dankie vir die uitreikgesindheid!

 Dankie vir (aan) elkeen wat die vorige naweek meegedoen het aan Stellastraat se fokus op uitreik. Dit is voorwaar ‘n voorreg om deel te wees van ‘n groep mense wat omgee!

Daar is ‘n hele klomp mense in Stellastraat, wat weekliks by projekte betrokke is en wat klein maar tydrowende bydraes maak aan mense wat hulp nodig het.

En dan is daar ‘n groot groep mense wat weens omstandighede nie iets prakties kan doen nie, maar met hulle harte en hulle beursies in die saak is.

In die loop van die jaar sal ons weer bewus gemaak word van spesifieke projekte – dink maar aan die Danville-uitreik of die skooltassiesprojek. Jy kan steeds aanmeld as jy by enige van die geleenthede betrokke wil wees. Indien jy kan, maak gerus met Fay 083 478 0854 of Neels Jackson 082 469 9704 kontak. Indien iemand nog ‘n bydrae wil of kan maak vir een van die uitreikprojekte, sal dit hoog op prys gestel word.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Dankie vir die uitreikgesindheid!

Bybellees Woensdag 13 Maart – Ons dink oor Jesus se uitspraak: “Ek is die wynstok”

Eerskomende Woensdag 13 Maart 09:00 is dit die laaste van ons Bybellees-geleenthede wat oor die Ek-is-uitsprake in die Johannesevangelie handel. Jesus sê: “Ek is die wynstok”.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Bybellees Woensdag 13 Maart – Ons dink oor Jesus se uitspraak: “Ek is die wynstok”

Vakature: Ontvangspersoon in Stellastraat

Daar is ‘n vakature vir ‘n ontvangspersoon in Stellastraat se kerkkantoor. Dit is net ‘n halfdagpos (08:00 tot 13:00). Van die persoon word verwag om die ontvangs te doen, die koordinering van die aktiwiteite in die kerksentrum, en om die skoonmaak van die kerksentrum te bestuur.

Hannalie, wat huidig die ontvangs doen, behou die res van die werk, maar daar het ‘n behoefte ontstaan dat sy moet fokus op die databasis van die gemeente (‘n groot kopseer vir ons!), die bestuur van die leraars se programme, asook die gemeente se kommunikasie.

Ons wil graag die pos vul op 1 April 2019. Aansoeke moet die kerkkantoor (admin@stellastraat.co.za) of vir James (james@stellastraat.co.za) nie later as 22 Maart 2019 bereik nie.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Algemeen | Comments Off on Vakature: Ontvangspersoon in Stellastraat