Sop, sjerrie en kaalwoorde - 18 Julie 2019
Alle studente en jongvolwassenes (en as jy nog soos ‘n student of jongvolwassene voel) – kom geniet goeie musiek, digkuns deur kaalwoorde, heerlike sop en proe van die beste dessertwyne uit die mooie Kaap. Dit gebeur alles op 18 Julie by Stellastraat...

Eredienste

Eredienstye: Sondag 21 Julie 2019 08:30 Erediens - Kerk - Fay van Eeden 10:00 Erediens - Kerk - Tienie Bosman 18:00 Erediens - Kerk - James Kirkpatrick 18:00 Adoramus - Kapel - Anton Pienaar

My Kind - 'n dromer of 'n doener? - 17 Julie 2019 om 19:00-20:30

Anna-Barbara du Plessis, deeltydse dosent in die Departement Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria se Opvoedkunde Fakulteit, kom gesels met ons oor ATHV (ADHD). Die geleentheid is nie net vir ouers met kinders van ATHV nie, maar enige een wat met...

Wildtuintoer is op hande! 25-30 Augustus 2019

Stellastraat toer 25-30 Augustus (weer) in die wildtuin! En soos elke jaar beloof dit om een van die wonderlike weke van die jaar te wees. Daar is nog net enkele plekke beskikbaar en ons sal moet ons finansies en toer-reëlings in Julie-maand afhandel....

Gemeente se wegbreek sommer heelwat goedkoper

Dis nou een van die groot lekkertes in Stellastraat! Die jaarlikse gemeente wegbreeknaweek na Weesgerus in die bosveld. Dit is ‘n naweek waartydens kinders onbesorg kan speel en volwassenes met mekaar kuier van vroeg tot laat. Moenie die heerlike geleentheid...

Wil jy saamgaan na Oberammergau?

Elke tien jaar is daar ‘n epiese aanbieding van die lydingsverhaal van Jesus in die Bavariese dorpie Oberammergau. Die aanbieding word reeds vir eeue gedoen, en die reël is dat net inwoners van die dorpie self in die opvoering mag deelneem. * Kliek...

Stellastraat Blitsnuus 12 Julie 2019

Goeiedag, Aan al die hiberneerders en vakansiegangers, welkom terug! Die derde kwartaal van 2019 het aangebreek en Stellastraat is steeds vasberade om in die wêreld waarin ons gegun word om te leef, ons deel van liefde en goedhartigheid by te dra....

Biblioteek

Bring asseblief alle boeke wat reeds lank uitstaande is terug! Boeke mag slegs vir twee maande lank uitgeneem word.

Ons dink aan...

Udo Böhmer van Maraisstraat 388, Brooklyn met die afsterwe van sy pa. Zak Lombaard van 6de straat wes 8, Menlopark wie se ma ernstig siek is. Johanna Louw van Lawleystraat 344, Waterkloof wat ernstig siek is in Pretoria-Oos hospitaal. Wim Slabbert...

Nuwe lidmate

Baie welkom aan die volgende nuwe lidmate by Stellastraat: Deon Botha van Nicolson straat 430, Nicolson Place 3, Brooklyn. Wiaan en Marli Lewis van Queens Crescent 420, Lynnwood. Jakobus Johannes en Elizabeth-Ann Nel van Wolfstraat 342, Waterkloofrif...

Scroll to top