Finding hope beyound the screaming headlines

Max du Preez, joernalis en politieke kommentator, was verlede Woensdag die spreker tydens ons kwartaallikse leeskringbyeenkoms. In sy weeklikse rubriek in die Independent Newspaper Group-koerante, het Max geskryf oor hoe hy Stellastraat ervaar het. Ons plaas net ‘n gedeelte van sy skrywe, die volledige rubriek kan op sy Facebookbladsy gelees word.

South Africa is a broken place. There is a lot of aggression and intolerance about; the government is inept and corrupt; too many things don’t work; our children’s future is bleak.

Is that more or less your view of our country today? Well, let me tell you of my experiences the past week, if you’ll allow me to be a bit more personal.

 On Wednesday evening I spoke to the book club of a Pretoria NG Kerk congregation on my latest book. This is the congregation most of the members of the last apartheid governments attended.

After my talk the congregants engaged me in conversation. I was expecting at least some to by very critical of my message. Instead I was questioned intensely about my ideas on how faith communities could help to heal our society; how they could help fight racism; what they could do to make the country a better place.

I left them with a feeling that these Afrikaners are committed and concerned South Africans, at peace with the democratic dispensation and not in denial about the past or about white privilege. I wish more black South Africans would get to know people like these.

The next morning my nine year-old child was unexpectedly diagnosed with insulin-dependent diabetes, a condition she will have to live with for the rest of her life.

On the advice of our family doctor, we took her to the Red Cross Children’s Hospital in Cape Town. I was apprehensive, because it is a state hospital and I have been inundated with bad news about public hospitals in South Africa.

I was astonished. The hospital offers specialist paediatric services on a par with the best in the world. It is an extra-ordinary place of knowledge and caring catering for children from all over the country and the rest of Africa.

My child was then admitted to Groote Schuur hospital. Nervousness again: this is a massive place and run by the provincial government, how good can it be? Like all fathers, I wanted the absolute best for my child.

After two days, my overwhelming emotion was one of gratitude and pride. I cannot imagine my child getting better care than she’s getting at Groote Schuur.

The endocrinologists are not only known as of the best in the world, they are compassionate people. The ward doctors and interns I met were all very professional, friendly, energetic and kind – my child loved and trusted them.

The sisters and nurses are something else. The way they treated my family was loving and caring and very professional. I was amazed. One would never guess that these wonderful women travelled far to hospital every day, were over-worked and under-paid. There were a few kids in the paediatric ward whose parents did not visit while I was there, and the nurses appeared to have adopted them as their own.

When my wife had a bit of an emotional moment, some of the nurses rallied around her and one prayed for her in Xhosa. I now know what Ubuntu really means.

Look beyond the interior decoration and, during visiting hours, the many people from all walks of life walking the corridors, and you might think you’re in the most expensive private hospital in the country.

Groote Schuur is a truly remarkable place and one all of us should be very proud of. This is public health at its most excellent. It is super clean, efficiently managed and offers the best specialist care one can imagine. (Even the food is good.) I suddenly feel a lot better about the income tax I pay.

Max du PreezThe question did come up in my mind, though, why the Western Cape could run a hospital like that while many public hospitals in other provinces are places where people are neglected and die unnecessarily.

-  Max du Preez

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Soos ek dit sien | Comments Off

Die droom om vry te wees

Wêreldwyd word moderne mense se bewegings bepaal deur die Handves vir Mensregte. Dié dokument bepaal hoeveel vryheid elke mens het. Ek kan dink wat ek wil, ek kan voel wat ek wil, ek kan sê wat ek wil. Solank ek nie goed sê wat deur mense as haatspraak ervaar word nie, of iets doen wat ander mense benadeel nie, is elkeen van ons vry, volgens die Handves, ingebind in die wetlike Konstitusies.

Maar wat is vryheid regtig? Is daar nie tóg grense vir ons getrek wat ons keer om sekere goed te sê en te dink en te doen nie? Wat is die beperkinge wat die Christelike geloof vir die Jesus-navolgers stel? Is dit nie goed dat ons soms nie vry is om te maak wat ons wil nie?

Of is vryheid net ‘n illussie? ‘n Droom? Eintlik is ons almal gebonde aan tyd en ruimte en swaartekrag en die wringkrag van ons familie en die samelewing. Ons praat Woendag 09:00 in die Bybel-in-ons-lewe reeks oor die droom van vryheid.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Bybel in ons lewe, Toerusting | Comments Off

Manne trek laer!

Woensdag is dit ‘n manne-aand. Nie ‘n rowwe manne-aand nie. Altans, dit word nie so beplan nie. Daar word nie skandes beoog nie. Nog nie.

Ons gaan ernstig dink en luister. Want pappie en boetie is nie meer die enigstes wat liksense het om karre te dryf nie. Die rol van die man het in die laaste paar dekades baie verander. Aan die begin van die derde millennium is aangekondig dat ons nou die eeu van die vrou betree. En toe betree vroue die millennium: Angela, Thuli, Helen, Hillary, en Marina.

Woensdag tree Maretha ook nader. En ons gaan hoor hoe sien vroue die manne van hierdie dekade.  Nie hoe kyk hulle na mans nie. Hoe sién hulle hulle. Hoe behoort mans op te tree in ‘n wêreld waarin hulle nie meer die enigstes met ‘n tjekboek en karsleutels is nie.

Maar waar mans is, is daar vleis. En pap. En roomys. En mooi vrouens wat mooi praat en mooi sing. Onthou dit is nie ‘n rowwe aand nie. Maar as elkeen sy eie botteltjie bring en ons kuier ‘n bietjie, is dit moontlik dat die aand net al hoe mooier kan word!

Al die mans, jonk en oud word genooi na die manne-aand Woensdag 20 Augustus 19:00 in die binnehof. Koop asseblief ‘n kaartjie vir R50. Vandag nog. En koop sommer een vir jou seun en jou pa en pêl en vrinne in die omgeegroep. Ons belowe daar is nie slaai nie, en die kruisskyf is ryp-gemaak!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Onderlinge sorg | Comments Off

Musiekfees sonder weerga!

Op Woensdag 10 September gaan ons die orrel se nuwe staanplek en sy nuwe vermoë luisterryk vier. En ons gaan dit doen met ‘n fees van musiek. So indrukwekkend is die lys van musikante wat gratis kom optree, dat dit onmoontlik is om iemand uit te sonder!

Wat belangrik is, is dat ons graag die kerk vol mense wil hê op die aand van 10 September! Die orrel is ons begeleidingsinstrument. Die oue nuut geword! Kan ‘n mens ‘n orrel her-ingebruik neem? Ons gaan!

Die kunsternaars wat gaan optree (elkeen gaan ‘n individuele bydrae op die orrel lewer, asook ‘n item saam met ‘n solis) is:

Gerrit Olivier – Deirdre Blignaut (sopraan)

Wim Viljoen – Zanta Hofmeyr (violis)

Riaan Steyn – Matthew Lombard (saksofoon)

Ockie Vermeulen – Anneke Lamont (klavier)

Mia Rich – Ona Ackerman (sopraan)

Sidney Place – Lizet Smith (klarinet)

Anneke Lamont – Magda de Vries (marimba)

Jannie du Toit – Bert van den Brink

Christo Burger – Akustika

Dennis Roodt

Die kunstenaars tree almal sonder vergoeding op!  Vir die liefde van musiek en die waardering wat Stellastraat vir sy orrel gedoen het. Daarom gaan ons geen toegangsfooi vra nie. Ons gaan wel vir vrywillige bydraes vra omdat die koste van die hervestiging van die orrel baie hoog was, en daar nog een trappie is wat ons moet klim!

Ons gaan by die geleentheid ook vir Mimi Coertse en Annette Kriek dankie sê vir hulle bydrae tot musiek in ons lewe. Die wêreldwennende Akustika-koor onder leiding van Christo Burger gaan die aand volkome maak!

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Erediens | Comments Off

Priesters wat nie hulle mond hou nie – dit is wat Suid-Afrika nodig het

Max du Preez het my Woensdagaand hoop gegee. Sy analise van ons samelewing is rou eerlik en ontstellend, maar daar is heeltyd die onmiskenbare ondertoon van hoop.

Hy doen wat Jim Collins (Good to great) sê goeie leiers doen. “They face the brutal facts but never lose faith”. Leiers in die Afrikaanse gemeenskap het dit in die verlede ook gesê. NP van Wyk Louw het dit lojale verset genoem en Johan Heyns het sy studente gemaan om lojaal-krities te wees. Die kritiek en die konstruktiewe is ewe nodig.

In kerktaal sou mens kon praat van die profetiese (kritiek) en die priesterlike (dienende) wat deel van elke gelowige se lewe moet wees. As mense wat uit die tradisie van die Protestante kom, behoort die soort lewenshouding in ons bloed te wees. Ons kan eenvoudig nie apaties teenoor die samelewing staan nie. Ons moet aanhou om dit wat verkeerd is, uit te wys. Maar dan nie net dit nie. Ons moet ook kan uitwys wat ons konstruktief doen om wat sleg is, beter te maak.

Wat Suid-Afrika nodig het, is priesters met profetiese stemme. Mense wat werk aan die opbou van die land, terwyl hulle nie stilbly oor die waansin (Max se woord) rondom ons nie. Ek weet dat talle lidmate van Stellastraat elke dag van hulle lewe daarmee besig is. Ek hoop en bid net dat dit wat ons in die gemeente doen, lidmate goed genoeg toerus en ondersteun in hierdie reuse verantwoordelikheid. Dalk moet ons as gemeente ’n oop gesprek hê om te praat oor hoe ons mekaar hiermee kan help.  -  James Kirkpatrick

Die bekende politieke kommentator en joernalis Max en JamesMax du Preez het afgelope Woensdag tydens Stellastraat se leeskring-byeenkoms gepraat oor sy jongste boek, A Rumour of Spring. Dit was die eerste keer in sy loopbaan dat ‘n NG Kerk Max uitgenooi het om by hulle op te tree. Meer as 200 persone het die geleentheid, wat weens die goeie opkoms in die kerk gehou is, bygewoon.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Leeskring, Toerusting | Comments Off

Kursus in Spirituele Begeleiding (18 maande)

Die sesde rondte van hierdie kursus word deur ’n span aangebied: Willem Nicol, Stefan Botha, Suzette Fischer, Nicolin Hoffman, Joke Nicol, Marina Strydom en Immanuel van Tonder.

Dit bestaan uit 5 blokke van 3 dae elk in die eerste jaar en twee blokke in die tweede jaar, deels by Stellastraatgemeente in Pretoria en deels by Sediba Mountain Retreat langs Hartbeespoortdam. Dit begin op 25 Januarie 2015.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 17 Oktober 2014.

Predikante verdien 150 VBO-punte.

Uitvoerige inligting en aansoek-prosedure: vra aan by mev Ané Louw, ane@freetobe.co.za.

Navrae: Willem Nicol, wnicol@mweb.co.za of 012 345 2927.

  • Facebook
  • Twitter
  • email
  • Google Bookmarks
  • Print
  • PDF
Posted in Erediens | Comments Off